Oordenking of Christelike meditasie is om 'n saak dieper te oordink of te ondersoek, om dit geestelik te evalueer.
Mediteer (oordink) oor die wese en die natuur van die Drie-Enige God, sy skepping, sy dade (werke) en karakter.
Neem 'n spesifieke tema uit die Skrif en dink daaroor (geregtigheid, liefde, waarheid, lig, vrede, heiligheid, ens.)
Neem 'n Skrifgedeelte en oordink dit (mediteer).
Maak God self die hooffokus van jou meditasie or oordenking: sy werke of dade, sy Woord, sy karakter.
Christelike oordenking (meditasie) staan tennoor Oosterse meditasie. In Oosterse meditasie gaan dit hoofskaalik oor 'n passiewe gemoedstoestand en om jou verstand "leeg" te maak. Vir die Christen is oordenking 'n aktiewe proses van evaluering, ondersoek en bepeinsing waarby jy met volle verstand betrokke is en waar jy jou deur die Skrif en die Heilige Gees laat lei.
Oordenking is om gedissiplineerd na te dink. Waak dat die Satan nie sy gedagtes in jou plant nie. Waak ook teen negatiewe gedagtes in hierdie periode. Bedink alles wat waar, rein, edel, reg, mooi en prysenswaardig is. Wanneer jy 'n betrokke gedeelte uit die Skrif oordink moet jy onder andere vir jouself vra wat hierdie gedeelte vir jou wil sê.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
Sang is melodieuse lofprysing en aanbidding.
Dit is 'n aksie om God met geestelike liedere te aanbid en te prys.
Dit kan 'n "battle cry" teen die magte van die duisternis wees. Sang en geestelike oorlogvoering (ons stryd teen die Bose) is onlosmaaklik deel van mekaar.
Gebruik bekende liedere of sing jou eie nuwe liedere. Jy kan begin deur Skrifgedeeltes te neem en daarvan liedere te maak.
Dit is om die Vader deur sang te verheerlik, te bewonder en te aanbid.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
Danksegging is 'n tyd waarin ek my waardering teenoor God uitspreek vir sy sorg en beskerming en vir wie Hy is.
Dink oor die dag en dank God vir sy sorg vir jou en ander.
Dank God vir nuwe dinge wat Hy gedoen het en doen: geestelik, fisies, sosiaal.
Dank Hom oor wie Hy is, sy gawes, antwoorde op gebed ... al sy seëninge.
Wees spesifiek in jou danksegging.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
Versoeke vir jou persoonlike behoeftes.