Tien jaar: 'n omgeegroep getuienis
Gert Kok
- Besonderhede
Wat sê die Bybel?
Die liefde van Christus word sigbaar
Die kerk moet so georganiseer word dat dit ruimte skep vir lidmate om mekaar beter te leer ken sodat hulle mekaar lief kan hê en in dade van opoffering vir mekaar te sorg. So sal Christus se liefde, 'n tasbare en sigbare belewenis word (Johannes 13: 34 - 35, Efesiërs 4: 2 - 3, 1 Johannes 4: 20 - 21). Die geheim om mekaar lief te hê is om in moot verhoudinge met mekaar saam te lewe. Verhoudinge ontwikkel waar daar tyd spandeer word aan mekaar. Waar ons meer tyd het vir mekaar, ontwikkel daar 'n openheid en 'n vertroulikheid wat maak dat ons behoeftes vir mekaar sal oopmaak. Eers dan kan ons mekaar dien en met ons gawes mekaar help en uiteindelik groei ons so geestelik.
Fokus op mekaar
As ons die Nuwe Testament lees, sien ons die belangrikheid van die "mekaar opdragte". Paulus skrywe byvoorbeeld aan die Christene in Kolosse dat hulle mekaar moet liefhê, mekaar moet vermaan, geduldig moet wees met mekaar, verdraagsaam moet wees, mekaar moet vergewe, in vrede met mekaar moet lewe en mekaar moet onderrig en leer (Kolossense 3: 12 - 17). As kerk van Christus moet ons mekaar se laste dra (Galasiërs 6: 1 - 2), mekaar bemoedig en versterk (1 Tessalonisense 5: 11), mekaar dien (Galasiërs 5: 13) en vir mekaar bid (Jakobus 5: 16). Die Bybel veroordeel selfsug en eie belang en leer ons om nie op ons eie te probeer Christen wees nie. Die opdragte van die Nuwe Testament dwing ons om saam te lewe in kleingroepe en uit te reik na mekaar en mekaar met ons gawes te bedien.
Groei tot volwassenheid
Die geheim vir geestelike groei is daarom ook om nie net te ontvang nie, so bly ons geestelike babatjies wat net by die melkkossies gaan bly (Hebreërs 5: 12 - 14). Geestelike volwassenheid kom wanneer ons begin uitreik na mekaar en begin gee van dit wat ons ontvang het. As Christene moet ons nie net kerk toe kom nie, ons moet dit wat ons ontvang, uitdeel vir ander. Ons moet begin om te getuig, te dien en met ons gawes mekaar geestelik te help.
- Besonderhede
Wat sê die Bybel?
Jesus se dissipelkring
Alhoewel Jesus uitgereik het na die menigtes en vir hulle gepreek het, het Hy die meeste van sy tyd aan 'n kleingroep van twaalf dissipels bestee. Hy het hulle geleer om die Skrif te verstaan, te bid, te getuig en in hulle midde het Hy die nagmaal ingestel.
Die eerste Christene
Ons lees dat die eerste Christene getrou saamgekom het, en in huise vergader het (Handelinge 5: 42; 20: 7 - 12; 12: 12). Ons lees dat hulle in Jerusalem bymekaar gekom het in Maria se huis (Handelinge 12: 12), in Filippi in die huis van Lidia (Handelinge 16: 40), in Rome in die huis van Priscilla en Akwila (Romeine 16: 3 - 5). In die stad Korinte het die gelowiges in Gaius se huis vergader (Romeine 16: 23), in Laodisea in die huis van Nimfa (Kolossense 4: 15) en in die stad Kolosse in die huis van Filémon Filémon 1: 1 - 2).
'n Lid van die Liggaam
In 1 Korinthiërs 12: 13, 26 - 27 lees ons dat elke Christen deel is van die liggaam van Christus. Elke lid het 'n verantwoordelikheid om sy/haar taak uit te voer en het daarom 'n eie belangrike funksie. Ons is een liggaam, maar elke lid het sy/haar eie gawes en sy/haar eie taak.
Die familie van Christus
Ons as kinders wat uit die Hemelse Vader wedergebore is, is broers en susters van mekaar en het darom 'n verantwoordelikheid om vir mekaar te sorg, lief te hê en om te gee (Romeine 8: 14 - 17; Efesiërs 2: 19; 1 Timothëus 3: 15).
- Besonderhede