Lewenswysheid, die pad na redding
Inleiding
Die bybel is baie eeue oud. Trouens, die laaste boek van die Ou Testament is lank voor die geboorte van Christus geskryf terwyl die Nuwe Testament tot stand gekom het teen die einde van die eerste eeu n.C. Tog is die boodskap van hierdie boek uit die verre verlede steeds nuut en vars vir elke generasie.
As die lewegewende Woord van die Lewende God is dit deur die eeue heen en tot vandag toe steeds die bron van krag en vertroosting vir miljoene gelowiges wat soos Paulus met oortuiging kon sê:
Lees:
- Romeine 8: 38b - 39
In 'n wêreld vol onsekerheid twyfel mense egter oor die waarde van geloof. Anders as Paulus is hulle nie oortuig van God se onwrikbare liefde vir hulle nie.
Dikwels soek hulle sekerheid in hulleself en in tydelike dinge terwyl hulle die ewige waarhede wat in die bybel staan uit die oog verloor.
Lees:
- Prediker 2: 13
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Saam met God by die werk
10. Werk vir Ware Rykdom
Om geld en besittings te verkry, is vir baie mense die hoofdoel in hulle lewe.
Die Bybel sê egter duidelik dat die begeerte na materiële besittings ons lewe kan oorheers as ons nie versigtig is nie.
Ons kan nie vir twee base tegelyk werk nie. Ons kan nie God en geld dien nie.
Ons moet werk soos God wil hê en so ware rykdom wat blywend is, verkry.
Die Bybel noem dit skatte in die hemel.
Ons hoef ons nie oor ons daaglikse behoeftes te bekommer as ons God eerste stel in alles wat ons doen nie.
Lees:
- Mattheus 6: 19 - 21
- Mattheus 6: 24
- Mattheus 6: 31 - 33
- Spreuke 3: 13 - 15
- Spreuke 16: 16
- 1 Timotheus 6: 17 - 19
- 1 Petrus 5: 7
- Filippense 4: 6 - 9
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Saam met God by die werk
9. Betaal jou Belasting
Daar bestaan geen twyfel dat die Bybel die betaling van belasting onderskryf nie.
In die tyd van die Nuwe Testament was die vraag oor belasting vir die Jode polities 'n sensitiewe saak aangesien hulle onder die Romeinse regering gestaan het.
Selfs in hierdie situasie word die regering se reg om belasting te hef erken, maar ons moet steeds in gedagte hou dat ons ook 'n verantwoordelikheid teenoor God het.
Lees:
- Lukas 20: 20 - 25
- Romeine 13: 6 - 7
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede