Saam met God by die werk
5. Bou Goeie Verhoudings
Ons hoor dikwels dat werknemers 'n maatskappy se grootste bate is. Daarom is die verhoudings tussen mense in die werkplek van uiterste belang.
Arbeidsonrus en ongemotiveerde werknemers kos die ekonomie jaarliks miljoene rande. Aan die ander kant is goeie arbeidsverhoudings die grondslag van 'n stabiele en winsgewende organisasie.
Hiervoor is wedersydse vertroue en respek nodig, asook die besef dat almal - werkgewer en werknemer (eienaar en slaaf in die tyd van die Bybel) - onder die gesag van die Here staan.
Hy verwag van werknemers om elke dag hard te werk en billike vergoeding te ontvang.
Lees:
- Levitikus 19: 13
- Deuteronomium 24: 14 - 15
- Efesiërs 6: 5 - 9
- Spreuke 27: 18
- Hebreërs 13: 5 - 6
- Filippense 4: 11
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Saam met God by die werk
4. Wees Tevrede
Een van die maklikste strikke om in te trap, is om jouself gedurig te vergelyk met ander wat meer as jy het. Jy voel dan onvergenoeg en bly jaag na meer. So word jy 'n slaaf van gierigheid en is nooit tevrede met wat jy het nie.
Lees:
- Eksodus 20: 17
- Spreuke 30: 7 - 9
- 1 Timoteus 6: 6 - 10
- 1 Johannes 2: 16 - 17
- Hebreërs 13: 5 - 6
- Filippense 4: 11
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Saam met God by die werk
3. Wees Eerlik
Die Bybel het iets te sê oor baie van die probleme wat ons vandag by die werk teëkom.
Diefstal en Leuens
Diefstal is tans 'n groot probleem in die werkplek. Dit kan wissel van die neem van klein items vir persoonlike gebruik tot die verduistering van groot bedrae geld. Ons moet God eer deur heeltemal eerlik te wees in alles wat ons doen en sê by die werkplek.
Die Woord van God van die tien gebooie tot by die Nuwe Testament waarsku ons oor diefstal en oneerlikheid.
Lees:
- Eksodus 20: 15
- Deuteronomium 5: 19
- Levitikus 19: 11
- Spreuke 6: 30 - 31
- Sagaria 5: 3 - 4
- Maleagi 3: 5
- 2 Tessalonisense 3: 6 - 13
- 1 Timoteus 5: 8
- Efesiërs 4: 28
- Titus 2:9 - 10
Korrupsie en Omkopery
Dit word al hoe moeiliker om eerlik besigheid te doen. Omkopery en korrupsie is besig om die norm in sekere sektore van die ekonomie te word. Die Bybel leer ons dat, alhoewel omkoopgeskenke tydelike wins mag bring, deursigtige transaksies op die lange duur die voortbestaan van besighede en die ekonomie verseker.
Lees:
- Spreuke 17: 8
- Spreuke 15: 27
- Psalm 15: 1, 4b - 5
- Spreuke 28: 21 - 22
- Prediker 7: 7
Bedrog en Kullery
Ons hoor al hoe meer van mense wat geld vra vir dienste wat hulle nie gelewer het nie of vir goedere wat hulle nie voorsien het nie. In die Bybel se tyd het skale, gewigte en inhoudsmate 'n belangrike rol gespeel wanneer pryse vasgestel is. Dit het aanleiding gegee tot die vereiste dat daar eerlik afgeweeg en handel gedryf moet word.
Lees:
- Deuteronomium 25: 13 - 16
- Spreuke 11: 1, 18 - 19
- Levitikus 19: 35 - 37
- Amos 8: 4 - 7
- Miga 6: 9 - 14
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede