Datum: 19 Mei 2013
Tyd: 12:00 - 14:00
Plek: NG Gemeente Rietfontein-Suid Kerksaal
Die volgende word voorsien: pap en sous, slaaie en broodjies. Nagereg sal verkoop word. Braaivleisvure sal gereed wees.
Wat moet elkeen saambring: Eie vleis, drinkgoed en eetgerei.
Alle NUWE INTREKKERS of persone wat nog nie 'n gemeente-ete bygewoon het nie, is BAIE WELKOM.
KOM KUIER GERUS SAAM!!
Navrae: Liezel Nieuwenhuis 076 840 5591
Datum: 19 Mei 2013
Tyd: 18:00
Plek: NG Gemeente Rietfontein-Suid Kerksaal
Gesinsbediening bo!!!
Wie sou ooit kon raai, dat net 'n blote gedagte,
kon verander in 'n omgeefees.
Ons is hier geplaas, die gesinsbediening span is ons plek.
Saam sal ons die gemeente dien, van ons gaan jul nog baie sien.
Met Sy genade, wysheid en krag
is daar gewerk, gereël, en baie vermag.
Ons het almal op Hom vertrou,
dat ons tog nie te veel sal verbrou!
Daar is gereël vir potte, wors en hout,
koppies, pierings en 'n knippie sout.
Selfs koffie om jou beskuit te doop.
Fliek, sing, speel en lag, was dinge wat ons graag wou deel.
Niemand moes hul tog verveel.
Wat jul beslis moet weet, volgende jaar gebeur dit weer,
al was ons voete moeg en seer.
Oud en jonk, tiener, moeder, pa of seun
vir jul wil ons net ons beste doen.
Mag Sy guns nou met ons wees, tot ons mekaar weer sien,
by die volgende Fees.
Geskryf deur Leanie Malan
4 Februarie 2013
Die Netwerkkursus sal jou help:
Die Regte Persoon ...
Op die Regte Plek ...
Vir die Regte Redes!
Datums: Begin 21 Februarie, 26 Februarie en 5 Maart
Tyd: 18:30 tot 20:30
Plek: Moot Care Sentrum (die huis langs die parkeerarea van die kerk)
'n Vrywillige bydrae van R50 vir die deelnemersgids kan gegee word.
Registrasie:
Sonja 082 213 3025
Michael 082 770 1309