Kampering op Kerkterrein
Vrydagaand 1 Feb 2013
Saterdag 2 Feb 2013
Sondag 3 Feb 2013
Voorsien asseblief eie borde, eetgerei en koffiebekers vir alle etes die naweek
Enige lid van die gemeente word genooi om in te skryf vir die Potjiekos kompetisie!!!
NB! Indien jy net wil saam eet van die potjiekos, kaartjies by MI Toonbank
R20 vir bord potjiekos + Baroudeur fliek.
Enige lid van die gemeente word genooi om in te skryf vir die Talent vertoning!!! - Kontak asseblief vir DJ by 083 4202 217
Kom na die fees en deel in die pret!!!
Sien Jul Daar !!!
Datum: Sondag, 25 November 2012
Tyd: 18:30
Plek: Kerksaal
Verversings sal te koop wees.
'n Spesiale deurkollekte vir die verhoogbeligting van die saal word gehou. Ons wil graag in 2013 die saal beter bemark om 'n inkomste te genereer.
In Rietfontein-Suid gemeente is die eerste SONDAG van November 'n buitengewone geleentheid. Dit is 'n dag van doelbewuste betoning van dankbaarheid teenoor die Here vir al Sy goedheid, genade en troue sorg jeens ons.
Op Sondag, 4 November 2012 tydens die oggenddiens om 9:00 kan u tasbaar u dankbaarheid kom bewys teenoor die Here deur 'n spesiale dankoffer, wat addisioneel tot u maandelikse dankoffer is, te gee.
Skryf weer u briefie waarvoor u die Here graag wil dank vir Sy hand in u lewe, gee vir Ds. Leon van Heerden voor Maandag 28 Oktober.
Aangesien die dankoffers die gemeente se primêre bron van inkomste is wil die Taakspan van Finansies en Administrasie 'n dringende beroep op u as lidmaat doen om biddend te besin oor die bedrag wat u as 10de MAAND DANKOFFER gee.
Ons besef dat in enige huishouding of ander organisasie word daar geweldige druk op verhoogde uitgawes geplaas, maar so ook op die uitgawes van die gemeente.
Die werk van die Here kan slegs gedoen word indien die fondse daarvoor beskikbaar is.
Dankoffersondagkoeverte is by die Dienswerkers en ook by MI Toonbank beskikbaar.
Ek is dankbaar vir vriende en gemeenskap met mede lidmate, en selgroep lede. Ek is dankbaar vir gebed en verhoudings met sellede en vriende wat verdiep het. Ek dank God onse Vader vir Romeine 12 en die voorbeeld wat Jesus vir ons is!!
---
Ek is dankbaar dat ek weer, na 'n paar jaar, by my "ou" kleingroep kon inskakel. Alle eer aan God wat geleendhede skep om weer vriende te vind! Dankie vir die r12 reeks wat "commitment" gevra het, die werking van die Heilige Gees wat 'n verlange na Hom en dors na Sy Woord skep en mens beloon met mede boeties en sussies.