NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Omgeebediening

Dit is die bediening wat die omgeegroepe ondersteun en organiseer.

Omgeegroepe is in hierdie gemeente die primêre "voertuig" van bediening en versorging!

Navrae

Wees 'n nuutgemaakte vrou

Wees 'n Nuutgemaakte Vrou

'n Bybelstudie met lewensbeginsels uit die saligsprekinge van Jesus

Liewe Vrou,

Ons nooi julle om saam met ons die pad te loop en ons totale afhanklikheid van ons Here te ontdek. Ons stap die pad deur die saligsprekinge van Jesus in Matteus 5 na 'n lewe van vreugde en seën in hierdie aardse lewe, maar ook in die hemel.

 

Ons gebruik "Wees 'n Nuutgemaakte Vrou" geskryf deur Barbara Henry:

  • Wat beteken dit om te weet hoe nodig 'n mens God het?
  • Hoe kan ek 'n vredemaker wees?
  • Hoe kan ek 'n vrou wees wat bekend is vir my hart wat op God gerig is?
  • Gelukkig is diè mense wat weet hoe nodig hulle God het ...
  • Gelukkig is die treurendes ...
  • Gelukkig is diè wie se harte volkome op God gerig is ...

Navrae:

Elsa van Eck

082 468 0722

Kom sluit by ons aan op Woensdag aande 19:00 tot 20:00