NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Omgeebediening

Dit is die bediening wat die omgeegroepe ondersteun en organiseer.

Omgeegroepe is in hierdie gemeente die primêre "voertuig" van bediening en versorging!

Navrae

Omgeegroepe - waaroor gaan dit? (deel 1)

Wat sê die Bybel?

Jesus se dissipelkring

Alhoewel Jesus uitgereik het na die menigtes en vir hulle gepreek het, het Hy die meeste van sy tyd aan 'n kleingroep van twaalf dissipels bestee. Hy het hulle geleer om die Skrif te verstaan, te bid, te getuig en in hulle midde het Hy die nagmaal ingestel.

Die eerste Christene

Ons lees dat die eerste Christene getrou saamgekom het, en in huise vergader het (Handelinge 5: 42; 20: 7 - 12; 12: 12). Ons lees dat hulle in Jerusalem bymekaar gekom het in Maria se huis (Handelinge 12: 12), in Filippi in die huis van Lidia (Handelinge 16: 40), in Rome in die huis van Priscilla en Akwila (Romeine 16: 3 - 5). In die stad Korinte het die gelowiges in Gaius se huis vergader (Romeine 16: 23), in Laodisea in die huis van Nimfa (Kolossense 4: 15) en in die stad Kolosse in die huis van Filémon (Filémon 1: 1 - 2).

'n Lid van die Liggaam

In 1 Korinthiërs 12: 13, 26 - 27 lees ons dat elke Christen deel is van die liggaam van Christus. Elke lid het 'n verantwoordelikheid om sy/haar taak uit te voer en het daarom 'n eie belangrike funksie. Ons is een liggaam, maar elke lid het sy/haar eie gawes en sy/haar eie taak.

Die familie van Christus

Ons as kinders wat uit die Hemelse Vader wedergebore is, is broers en susters van mekaar en het darom 'n verantwoordelikheid om vir mekaar te sorg, lief te hê en om te gee (Romeine 8: 14 - 17; Efesiërs 2: 19; 1 Timothéus 3: 15).