Tydsaam stap ek in 'n christelike boekwinkel tussen die rakke deur en bekyk vlugtig die waarin kinders ontwikkel. Natuurlik is die sleutel tot gesonde en verskeidenheid leesstof beskikbaar.
Skielik steek ek vas - die titel van 'n boek het my aandag getrek – "Have a New Teenager by Friday". Nou kyk!! As 'n ding te goed klink om waar te wees, is dit heelwaarskynlik presies so. Net daar en dan besluit ek om aan te beweeg en my geld veilig in my beursie te stoor.
Aan die anderkant – hoekom sal ek my tiener wil verander wat eintlik so uniek is. Die voorval het my laat dink aan kind van die Here wees. Bitter graag sou ek 'n "kitsoplossing" wou hê om teen "Vrydag" die perfekte kind van Christus te wees.
Die werklikheid is dat dit 'n lewenslange proses is. Dit verg iets van my om 'n verhouding met Jesus te hê. Om daagliks met Hom te kan wandel en om myself aan my medemens beskikbaar te stel.
Dit bring my by die punt van Omgeegroepe – die hartklop van ons gemeente.
Dit is waar oefenruimte geskep word vir geestelike groei, mekaar bedien, gawes ontdek en uitgeleef word. Die plek waar die fokus van myself 'n bietjie kan verskuif word na die behoeftes van 'n ander.
My uitdaging aan elkeen wat nog nie betrokke geraak het nie – om dit werklik ’n saak van gebed te maak, die wilsbesluit te neem om in te skakel en deel te wees van die groot prentjie van "Die Gemeente wat vir almal OMGEE" en ook dat Christus Eerste! in ons lewens is.
Elkeen van ons is UNIEK en ons het mekaar nodig om werklik dissipels van Jesus te wees!
VISIE VAN DIE OMGEEGROEPE-TAAKSPAN:
Om deur omgee-verhoudinge in omgeegroepe mekaar te help om te huweliksverryking groei tot praktiese en gehoorsame navolgers van Christus.
Navrae: Liezel Nieuwenhuis 076 840 5591