Die Kairos Omgeegroep word gestig vir alle enkellopendes vir Donderdag vanaf Januarie 2012.
Verdere besonderhede sal nader aan die tyd bekend gemaak word.
Ons sien daarna uit om julle te ontmoet!!
Dit was Jesus se opdrag dat kleingroepe gestig word. (Johannes 13: 34 - 35)
Jesus se voorbeeld en hoe Hy die dissipels onderrig het, het die kleingroepe uitgebeeld. (Lukas 6: 40)
Die praktyk van die vroeë kerkbyeenkomste van huis tot huis bevestig dat kleingroepe noodsaaklik is vir die ontwikkeling van 'n gesonde, groeiende kerk.
Dit is bewys in ander kulture dat kleingroepe noodsaaklik is vir dissipelskap.
Kleingroepe is 'n magneet vir mense waar mense se behoeftes meer doeltreffend na omgesien kan word.