Liewe vrou van Rietfontein-Suid
Ons nuwe bybelstudie reeks by Vroue Wat Glo begin die week, kom stap saam ons 'n pad van heelword.
Bitter min mense kom ongeskonde van die lewe af.
Om stukkend te wees diskwalifiseer jou nie vir die lewe nie, maar dit sou dwaas wees om jou gebrokenheid te ontken.
In hierdie stiltetydgids nooi Annes Nel jou uit om jou persoonlike reis na heelheid enduit te loop.
Soms is hierdie reis ongemaklik en selfs seer, maar die vrug daarvan is oorvloedig.
Want God verstaan stukkende mense.
By Hom is daar genesing beskikbaar.
Tydsaam stap ek in 'n christelike boekwinkel tussen die rakke deur en bekyk vlugtig die waarin kinders ontwikkel. Natuurlik is die sleutel tot gesonde en verskeidenheid leesstof beskikbaar.
Skielik steek ek vas - die titel van 'n boek het my aandag getrek – "Have a New Teenager by Friday". Nou kyk!! As 'n ding te goed klink om waar te wees, is dit heelwaarskynlik presies so. Net daar en dan besluit ek om aan te beweeg en my geld veilig in my beursie te stoor.
Aan die anderkant – hoekom sal ek my tiener wil verander wat eintlik so uniek is. Die voorval het my laat dink aan kind van die Here wees. Bitter graag sou ek 'n "kitsoplossing" wou hê om teen "Vrydag" die perfekte kind van Christus te wees.
Die werklikheid is dat dit 'n lewenslange proses is. Dit verg iets van my om 'n verhouding met Jesus te hê. Om daagliks met Hom te kan wandel en om myself aan my medemens beskikbaar te stel.
Dit bring my by die punt van Omgeegroepe – die hartklop van ons gemeente.
Dit is waar oefenruimte geskep word vir geestelike groei, mekaar bedien, gawes ontdek en uitgeleef word. Die plek waar die fokus van myself 'n bietjie kan verskuif word na die behoeftes van 'n ander.
My uitdaging aan elkeen wat nog nie betrokke geraak het nie – om dit werklik ’n saak van gebed te maak, die wilsbesluit te neem om in te skakel en deel te wees van die groot prentjie van "Die Gemeente wat vir almal OMGEE" en ook dat Christus Eerste! in ons lewens is.
Elkeen van ons is UNIEK en ons het mekaar nodig om werklik dissipels van Jesus te wees!
VISIE VAN DIE OMGEEGROEPE-TAAKSPAN:
Om deur omgee-verhoudinge in omgeegroepe mekaar te help om te huweliksverryking groei tot praktiese en gehoorsame navolgers van Christus.
Navrae: Liezel Nieuwenhuis 076 840 5591
Soos met die eerste gemeente in Handelinge 2, raak elke gemeentelid aktief betrokke by mekaar, die groter visie van die gemeente en die uitdra van God se Woord na die wêreld. Dit bied geleentheid vir geestelike groei en om medegelowiges te bedien en geestelik te versorg.
Wat gebeur in 'n Omgeegroep?
Lering/Bybelstudie word aan die hand van 'n studietema gedoen wat inpas by preektemas van die gemeente vir daardie maand. Groeplede kry die geleentheid om onderwerpe en vrae intensief te bespreek. Dit is nie in 'n gewone erediens moontlik nie.
Groeplede bid vir mekaar en bedien mekaar deur hulle onderskeie gawes. Individue leer om as werktuie van die Here die liefde van Christus aan medegelowiges te demonstreer. Omgeegroeplede reik ook uit na buite en identifiseer 'n projek waarby hulle betrokke wil raak.
Johannes 13: 35 – "Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus".