NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Mighty Kids @ Pilditch

Mighty Kids @ Pilditch byeenkoms vir kinders in Pretoria

U word hartlik uitgenooi om deel te wees van een van die grootste byeenkomste nóg wat vir kinders in Pretoria aangebied word.

In ons samelewing is die gebrek aan dissipline en morele standaarde besig om ons kinders te verwoes. Ons wil graag 'n Jesus-verskil maak in kinders se lewens. Daarom nooi ons alle kinders om deel te wees van ‘n loffees op Pilditch Sport Stadion, 1 Septmeber 2012, vanaf 12:00-15:00.

Tydens hierdie Mighty Kids @ Pilditch geleentheid gaan ons God vertrou om kinders se harte na Hom toe te draai en 'n verskil in hulle lewens te maak. Dit gaan 'n opgewekte byeenkoms wees wat deur Willie en die Wenspan en Transforming Kids gelei gaan word in lofsang en gebed. Ons wil daarmee saam 'n beginsel vasmaak, dat elke kind 'n kampioen is in Jesus Christus, die Kampioen van alle tye. Ons verwag 12 000 mense – ouers en kinders.

Ons bid dat u dit sal goedvind om deel te wees van hierdie Jesus-projek en saam met ons sal staan vir verandering. God wil die lewens, harte en omstandighede van kinders verander.

Ouers, skole en kerke word uitgenooi om hulle kinders na Jesus toe te bring. Ouers word aangemoedig om hul kinders te vergesel na die geleentheid. Laat al die kinders, ouers en vriende kom om vir ons liefdevolle Koning Jesus te kom sing!

Vir verdere inligting is u welkom om die webtuiste www.mightykids.co.za te besoek vir meer inligting, of om ons persoonlik te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., of telefonies vir Wynand 083 458 2370 en Willie 082 578 1224.

Mighty Kids @ Pilditch