NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Dames, julle maak 'n verskil!

Fondse Aanwending 2005 tot 2012

Liewe Gemeente Vriendin

Jou bydrae tot die Taakspan vir Vroue se fondse het die afgelope 7 jaar 'n baie groot en waarderende VERSKIL gemaak!! Gaan kyk na ons "Fondse Aanwending 2005-2012" foto album (kliek op skakel) en sien wat ons vermag het!

Ons het ook ons jaarlikse afsluitings funksie gehou. Gaan kyk na ons "Afsluitings Funksie" se foto album (kliek op skakel) Ons het saam baie dankie gesê en gekuier met: Vicky-Ann, Cathy Viljoen, Leon Ferreira, Danie Botha, Hessel van der Walt, Sanet, Mervis en Tania.

"Dankie aan my Hemelse Vader vir Sy krag en genade die afgelope 18 jaar. Dit was vir my 'n plesier en voorreg om 'n bydrae te kon lewer. Baie dankie aan my spannetjie vir al julle hulp en ondersteuning. Sonder julle kon ek dit nie doen. Aan almal wat so gereeld fondse bydra – julle is baie baie spesiaal!!!" - Brenda