Ten behoewe van Huis Quanessa (Gezina) vir verstandelik en liggaamlike gestremde kinders.
Gaskunstenaars:
Datum: 26 Februarie 2012
Plek: NG Kerk Rietfontein-Suid Saal
Tyd: 15:00
Kaartjies: R70 per Volwassene, R50 per Kind (13 en jonger)
Navrae:
Admill Simpson 078 042 7442
Ingrid van Zweel 076 571 5123
Jan Nieuwoudt 083 273 3393 (of by deur)
Die konsert van die 26ste Februarie is die eerste in 'n reeks om hierdie belangrike welsynsbehoefte in ons gemeente te ondersteun. U bydrae sal 'n groot verskil maak en die konsert sal vermaak uit die boonste rakke bied deur professionele sangers (Ingrid en Tommie) wat hul talente vir hierdie goeie doel aanwend.
Lees meer oor Huis Quanessa
Huis Quanessa is 'n spesiale versorgingseenheid met 'n fokus op kinders met gestremdhede. Dit is geleƫ op die hoek van Swemmer en 12de Laan, Gezina. Dit is een van die min tehuise in Pretoria wat gestremde kinders onder die ouderdom van 16 jaar, 24 uur per dag versorg.
Die omvang van die versorging van die kinders dek verpleegsorg, stimulasie programme en voorsiening van gespesialiseerde voedingsbehoeftes. Natuurlik verg die versorging van die kinders baie persoonlike aandag en liefde van die personeel.
Kinders word by Quanessa geplaas deur hul ouers of deur die ingryping van instansies soos kerke. In sekere gevalle ontvang die tehuis geen vergoeding vir die versorging van die kinders nie en in baie gevalle is die ouers nie in staat om die werklike koste wat verbonde is aan die versorging van die kinders te delg nie.
Die tehuis ontvang ook geen staatsubsidie nie en is tot 'n groot mate afhanklik van donasies en fondsinsamelingsprojekte.
Die tehuis is vol en daar is 'n waglys vanuit die gestremde gemeenskap. Die behoefte aan die tipe versorging wat Huis Quanessa bied is dus groot, maar finansiƫle ondersteuning en toepaslike infrastruktuurontwikkeling bly gebrekkig.
9:00: Spreker - Noord-Irak
18:00: Terugvoer - Limpopo Sending
19:00: Sending-ete, skaapbraai by die saal. Kaartjies R30 per persoon.
9:00: Spreker - Laudium Sendeling
18:00: Uitreik? Waar? Hoe?