NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Wat is Bedieninge?

Eienskappe van 'n Bediening

Na aanleiding van Romeine 12: 3 - 13 kan die volgende afgelei word in verband met bedieninge:

  • 'n Bediening het 'n span struktuur (verse 3 - 5). Laat mense spanne bymekaar kry wat saam bid, droom en die werk kan uitvoer. Niemand bedien alleen nie.
  • 'n Bediening is op gawes gegrond (verse 6 - 8). Die basis van 'n bediening rus op die feit dat mense bloot hul gawes prakties uitleef.
  • 'n Bediening is liefde gedrewe (verse 9 - 13). Mense beleef liefde in direkte kontak en deur klein bedieninge. Liefde moet deur alle strukture sigbaar word.

Die Bedieningsleier en sy Take

Take vir Bedieningsleier as die leier van 'n bediening.

  • Visioenering

    • Taakspanne help struktureer om aan die Visie en Missie uiting te gee (Taakspanleier en Taakspanlede).
    • Taakspanne help om hul Visies en Missies te formuleer.
  • Beplanning

    • Formuleer beplanningsriglyne vir die Bediening vanuit die oorhoofse beplanningsriglyne deur die Leierspan geformuleer.
    • Gee beplanningsriglyne deur aan taakspanleiers vir detail beplanning.
  • Begroting

    • Formuleer begrotingsriglyne vir bedieningsbeen en taakspanne.
  • Koordinering

    • Koordinering en ondersteuning van werksaamhede van bedienings in 'n koherente geheel.
    • Beleid aan Taakspanne kommunikeer.
    • Vergader maandeliks om aktiwiteite te koordineer en verslae/aanbevelings aan die Leierspan te formuleer.
    • Saam met Leierspan verslae en aanbevelings van Taakspanne bespreek en Besluite formuleer.
    • Gee terugvoer aan Taakspanleiers oor Maandelikse Leierspan vergaderings.
  • Skakeling

    • Dien as skakel tussen die Leierspan en die taakspanne. Wees ‘n skakel tussen die verskeie bedieningsbene om probleme op te los.
  • Teikengroep

    • Taakspanne binne Bedieningstruktuur en die Leierspan
  • Voorbidding

    • Bid vir Taakspanleiers en Taakspanlede, en sake en beplande aksies van Taakspanne onder sy/ haar beheer.
    • Dankie sê aan die Here vir gebede verhoor en sukses met Taakspanne se werk.
  • Leiding aan Taakspanne onder sy / haar beheer verleen

    • Belangrike vergaderings van Taakspanne bywoon om eensgesindheid / meelewing te betuig en om te help om Taakspanaksieplanne te formuleer.
    • Help om aanbieders te vind om Taakspanlede in een of ander tersaaklike saak op te lei.
    • Kerksake en verslae vanaf Taakspanne of individue ontvang vir bespreking in Leierspan vergadering.
    • Saam met Leierspan aanbevelings van Taakspanne bespreek en Besluite formuleer.
    • Besluite kommunikeer aan betrokke partye.
    • Motivering van taakspanne in bedieningsbeen.
    • Hanteer die probleme wat mag opduik in die taakspanne.
    • Finansiële leiding aan Taakspanne verskaf deur uitgawes goed te keur.
    • Hulpverlening/leiding aan taakspanne in die uitvoering van aktiwiteite.
  • Kwalitatiewe Vereistes aan Taakuitvoering

    • In teenstelling met taakspanleiers wat meer daarop fokus om spesifieke werk gedoen te kry, moet die bedieningsleiers meer direk en intensief betrokke raak by die lidmate en dan ook die leraars bystaan in hul taak (soos bv. om lidmate meer te betrek en betrokke te kry by aktiwiteite).
    • Leiers moet onder geen omstandighede toegelaat word om belangrike besluite op hul eie te neem en te implementeer nie. Daar moet te alle tye ’n tweede party wees wat ook toestemming/goedkeuring gee aan ’n betrokke saak, soos bv. waar finansies ter sprake kom.
    • Die Bedieningsleier moet die voorbeeld stel vir die Taakspanleier(s), daarom is dit belangrik dat die Bedieningsleier se optrede te alle tye as voorbeeld sal dien.

 

Die Taakspanleier en sy Take

Take vir Taakspanleiers as die leier van 'n taakspan

  • Beplanning en Begroting

    • Stel die visie van die taakspan in lyn met die van die leierspan.
    • Stel die take van die taakspan in lyn met die visie.
    • Detail beplanning en begroting van jaarlikse aktiwiteite van die betrokke Taakspan met inagneming van die beplannings- en begrotingsriglyne.
  • Bestuur van Taakspan

    • Operasionele vergaderings van Taakspanne reël om te help om Taakspanaksieplanne te formuleer en operasionele besluite te neem.
    • Passievolle en begaafde lede vir sy / haar Taakspan werf om die Taakspan se werk uit te voer.
  • Bedryf

    • Aksie neem om die Taakspan se werk uit te voer.
    • Geld bestee volgens Taakspan besluite en Gemeente beleid.
    • Rekord hou volgens beleid van geld bestee.
    • Verseker dat die take van die taakspan doeltreffend verrig word.
    • Kommunikeer met taakspan lede en met ander taakspanne om doelwitte te bereik.
  • Verslagdoening

    • Die Taakspan se werk met passie en deur begaafde lede uitvoer.
    • Verslag doen aan Bedieningsleier, Leierspan en Gemeente oor suksesse en resultate van Taakspan in ooreenstemming met die beplanning en begroting.
    • Gebedsversoeke vir die Taakspan se werk aan Leiers en Gebeds Taakspan deurgee.
  • Kwalitatiewe Vereistes aan Taakuitvoering

    • Taakspanleiers moet hulself bepaal by die take wat verband hou met hul eie betrokke taakspan en nie inmeng by ander taakspanne se bedrywighede nie.
    • Belangrike besluite/voorstelle moet eers aan die Bedieningsleier voorgehou word vir goedkeuring voordat dit geïmplementeer word.
    • Die taakspanleiers moet ook erken word as deel van die leiers, en alle besluite wat verband hou met die betrokke taakspan, moet eers met die Taakspanleier bespreek word voordat dit goedgekeur/afgedwing word.
    • Wanneer take/pligte aan taakspanleiers oorhandig word vir afhandeling, moet daar volmag aan die betrokke leier gegee word om voort te gaan met implementering, sonder die inmenging van ander bedienings- en taakspan leiers. Na afhandeling word die eindproduk word dit dan slegs aan die aangewysde meerdere (soos bv. die leraar of Bedieningsleier) voorgelê vir goedkeuring.