Ek vertrou dat jy die afgelope twee weke in jou binneste besig was om van jouself minder te maak en van God se Gees meer te maak na aanleiding van die afgelope twee onderwerpe naamlik: afhanklikheid en toewyding.
Hierdie week se tema is nie 'n baie aangename tema nie. Dit is nie lekker om dit te hoor nie. Inteendeel – dis moeilik om dit te hoor.
SONDE! Dit klink dalk al soos 'n perd wat holrug gery is, maar die gevaarlikste sonde is om van geen sonde bewus te wees nie.
Matteus 5: 27 - 30
Nadat jy hierdie teks gelees het, hoef ons sekerlik nie te redeneer oor die betekenis van die woord "radikaal" in die tema van hierdie week nie nê?
...geskryf deur DJ Muller