Beste Leser
Ons is tans, saam met meer as 40 ander gemeentes, besig met 'n reeks genaamd "JESUS Sê WAT?? - Sleutels tot die lewe". Dit handel oor 9 dinge wat ons wens Jesus liewers nooit gesê het nie.
"Hoekom sou ons só iets wens?" mag jy dalk vra... Die realiteit is dat hierdie 9 uitsprake van Jesus in die eerste plek radikaal vir Sy tyd was, maar in die tweede plek dwing dit ons ook om in hierdie eeu radikaal anders te leef en te wees as die wêreld.
Jesus het die sisteme van die Ou Naby Ooste in alle opsigte op sy kop kom keer. Dit is ook my en jou roeping in hierdie wêreld. Ons leef immers as mense in hierdie wêreld, nie van hierdie wêreld nie nê...?!
My gebed is dat hierdie volgende 9 weke en 9 sleutels tot die lewe, vir jou van seën sal wees, soos dit ook vir my is.
Die werklik gelukkiges (Lukas 6: 20 - 23)
Matheus 5: 3 "Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Wat 'n skok! Sou dit nie meer sin gemaak het om te sê: "Geseënd is dié wat aansien het, in rykdom leef en selfstandig is" nie? Nie volgens Jesus nie.
...geskryf deur DJ Muller