NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Aanbiddingsbediening

Die aanbiddingsbediening is saamgestel uit twee groepe aktiwiteite wat toespits op die erediens en gebeds aktiwiteite.

Erediens sluit in:

  • deurdiens;
  • musiek en sang (voorsang, sanggroep/koor en musiek instrumente);
  • elektroniese hulpmiddels (klank, bord en kamera);
  • estetiese aspekte soos die kanselkleding.

Gebed sluit in:

  • voor die eredienste;
  • maandelikse gebedskalender;
  • gebedskring op Sondag middae 17:00;
  • gebedsversoeke;
  • gebedsketting via SMS;
  • kom-en-gaan bid op Vrydag oggende 5:30 tot 6:00;
  • gemeente biduur op Dinsdag oggende 11:15.