Erediens:
9:00
Informele Erediens:
18:00 (geen diens tydens skoolvakansie en langnaweke)
Adres:
h/v Ben Swart Straat en 16de Laan, Rietfontein
Maandag - Vrydag:
8:00 - 13:00
Tel. Nommer: 012 331 3531
Faks Nommer: 012 331 0389
Adres:
16de Laan 615, Rietfontein
E-pos:
>deur Christus-liefde gee ons
vir almal om:
ons gee om vir mekaar;
ons gee om vir nog-nie-gelowiges;
ons gee om vir noodlydendes.
Die Koffiepot
Hervorming 500
Gemeente Standpunt
>ABSA Bank
Rekeninghouer:
NG Gemeente Rietfontein-Suid
Tak: Ben Swartstraat
Tak Kode: 334 645
Rekening: 090 197 797
Verwysing:
Voorletters, Van en Wyk Nommer
Vir geestelike en emosionele ondersteuning, skakel die leraars. Skakel ook in by 'n omgeegroep.
Voodat doopkategese kan plaasvind moet u die vorige Maandag (week voor doopkategese) registreer by die kerkkantoor.
Bring asseblief u huweliksertifikaat en geboortesertifikaat saam wat u weer kan terugneem.
Die vorms en kopie van die dokumente moet asseblief die Dinsdag (week voor doopkategese) terug by die kantoor wees.
Onthou dat u attestate by ons gemeente moet wees om u kind ten doop te bring.
Sien ons Gemeente Kalender vir doopkategese datums.
Vir verdere navrae, sien Kontak Ons.
Ons is opgewonde om nuwe lidmate, vriende en besoekers te verwelkom met die liefde van Jesus Christus. Neem asseblief kennis dat Ds Petro Jonker en die Geestelike leiers jou graag wil ontmoet, leer ken en besoek. Ten einde dit moontlik te maak, moedig ons jou vriendelik aan om asseblief kontak te maak met die kerkkantoor by 012 331 3531 of stuur 'n epos met jou besonderhede aan ngriet@telkomsa.net of besoek die kerkkantoor tussen 8:00-13:00 weeksdae. Dit is noodsaaklik dat jy jouself aanmeld, want dit gee ons die vrymoedigheid om jou te kan kontak en besoek. Jy is baie welkom by ons!
CD's en DVD's van elke Sondag se eredienste en dope is beskikbaar en kan bestel word by die MI-Toonbank na afloop van die erediens.
Gebedsversoeke
Dankie dat eredienste weer oop is; veiligheid van skoliere en onderwysers; bejaardes wat alleen en mismoedig is omdat hulle nie hul families kan sien en omhels nie; almal wat tydens of deur Covid geliefdes verloor het en nie kon afskeid neem nie; almal wat bekommerd, depressief, of eensaam is.
Wees verseker dat u almal opgedra word aan ons Hemelse Vader.
Plaas versoeke met 'n kontak nommer (sodat ons u beter kan ondersteun) in die gemerkte kassies by die hoofdeure in die kerk.
Bid dat ons aanlyn/virtuele eredienste egte ontmoetings met die lewende God sal wees, al is dit onder vreemde en soms moeilike omstandighede.
Vrydagoggende 5:30-6:00
Kom bid saam in die Gebedskamer. Almal welkom!
Gebedskring
Elke Sondag om 17:00 in die Gebedskamer. Almal welkom!
Gemeente Biduur
Dinsdagoggende 11:15 in die konsistorie. Almal welkom! (Nie in die skoolvakansie nie)
>2023
Skool Kwartale (Gauteng)
1ste Kwartaal: 11 Jan tot 24 Mrt
2de Kwartaal: 12 Apr tot 23 Jun
3de Kwartaal: 18 Jul tot 29 Sep
4de Kwartaal: 10 Okt tot 13 Des
Sondag Program
08:30: Aktiwiteite Begin
09:00: Opening en Verwelkoming; Sang
09:15: Mini Diens; Sang
09:30: Klas
10:15: Kinders gaan huis toe
>Voel jy geroepe om by ons Kinders betrokke te wees?
>Navrae:
Talita Fourie 076 107 9988
>>Ons probeer steeds lidmate help wat dit nodig het. Enige donasies van nie-bederfbare voedsel, toiletware of 'n koevert met fondse kan by die Kerkkantoor afgegee word.
Gee asseblief álle siekes, hospitaal/tuis, sterftes en begrafnisse per whatsapp/sms deur na 082 873 1184, of bel die Kerkkantoor, 012 331 3531 in die oggende.