Gesinsbediening bo!!!
Wie sou ooit kon raai, dat net 'n blote gedagte,
kon verander in 'n omgeefees.
Ons is hier geplaas, die gesinsbediening span is ons plek.
Saam sal ons die gemeente dien, van ons gaan jul nog baie sien.
Met Sy genade, wysheid en krag
is daar gewerk, gereël, en baie vermag.
Ons het almal op Hom vertrou,
dat ons tog nie te veel sal verbrou!
Daar is gereël vir potte, wors en hout,
koppies, pierings en 'n knippie sout.
Selfs koffie om jou beskuit te doop.
Fliek, sing, speel en lag, was dinge wat ons graag wou deel.
Niemand moes hul tog verveel.
Wat jul beslis moet weet, volgende jaar gebeur dit weer,
al was ons voete moeg en seer.
Oud en jonk, tiener, moeder, pa of seun
vir jul wil ons net ons beste doen.
Mag Sy guns nou met ons wees, tot ons mekaar weer sien,
by die volgende Fees.
Geskryf deur Leanie Malan
4 Februarie 2013