Ons is opgewonde om nuwe lidmate, vriende en besoekers te verwelkom met die liefde van Jesus Christus. Neem asseblief kennis dat Ds Petro Jonker en die Geestelike leiers jou graag wil ontmoet, leer ken en besoek.
Ten einde dit moontlik te maak, moedig ons jou vriendelik aan om asseblief kontak te maak met ons. Dit is noodsaaklik dat jy jouself aanmeld, want dit gee ons die vrymoedigheid om jou te kan kontak en besoek. Jy is baie welkom by ons!
Vir verdere navrae, sien Kontak Ons
Dankoffer Inbetalings
ABSA Bank
Rekeninghouer:
NG Gemeente Rietfontein-Suid
Tak: Ben Swartstraat
Tak Kode: 334 645
Rekening: 090 197 797
Verwysing:
Voorletters, Van en Wyk Nommer
Ondersteuning
Vir geestelike en emosionele ondersteuning, skakel die leraars. Skakel ook in by 'n omgeegroep.
Doopkategese
Voordat doopkategese kan plaasvind moet u die vorige Maandag (week voor doopkategese) registreer by die kerkkantoor.
Bring asseblief u huweliksertifikaat en geboortesertifikaat saam wat u weer kan terugneem.
Die vorms en kopie van die dokumente moet asseblief die Dinsdag (week voor doopkategese) terug by die kantoor wees.
Onthou dat u attestate by ons gemeente moet wees om u kind ten doop te bring.
Het jy gebed nodig? Maak nie saak hoe groot of klein jou gebedsversoek is nie, ons sal saam met jou bid vir deurbraak, genesing, krag, veerkragtigheid, leiding, wysheid of enige ander versoek wat jy mag nodig hê. Laat weet ons gerus! Enige versoeke kan vir die kerkkantoor deurgestuur word.
Plaas versoeke met 'n kontak nommer (sodat ons u beter kan ondersteun) in die gemerkte kassies by die hoofdeure in die kerk.
Bid dat ons aanlyn/virtuele eredienste egte ontmoetings met die lewende God sal wees, al is dit onder vreemde en soms moeilike omstandighede.
Vrydagoggende 5:30-6:00
Kom bid saam in die Gebedskamer. Almal welkom!
Gebedskring
Elke Sondag om 17:00 in die Gebedskamer. Almal welkom!
Gemeente Biduur
Dinsdagoggende 11:15 in die konsistorie. Almal welkom! (Nie in die skoolvakansie nie)
Kleuter en Junior Kategese
2024
Skool Kwartale (Gauteng)
1ste Kwartaal: 17 Jan tot 20 Mrt
2de Kwartaal: 3 Apr tot 14 Jun
3de Kwartaal: 9 Jul tot 20 Sep
4de Kwartaal: 1 Okt tot 11 Des
Sondag Program
08:30: Aktiwiteite Begin
09:00: Opening en Verwelkoming; Sang
09:15: Mini Diens; Sang
09:30: Klas
10:15: Kinders gaan huis toe
Belangrike Datums!
16 Junie - 9:00
Vadersdag. Kinders woon saam met die ouers die erediens by.
17 Augustus - 10:00-12:00
Ouerwerkswinkel. My kind, sosiale media en tegnologie.
8 September - 9:00
Kinders woon die Nagmaal saam met hulle ouers in die kerk by.
24 November - 10:15
Afsluiting van Kinderbediening en uitdeel van sertifikate in saal.
Voel jy geroepe om by ons Kinders betrokke te wees?
Ons probeer steeds lidmate help wat dit nodig het. Enige donasies van nie-bederfbare voedsel, toiletware of 'n koevert met fondse kan by die Kerkkantoor afgegee word.
Siekes, Sterftes en Begrafnisse
Gee asseblief álle siekes, hospitaal/tuis, sterftes en begrafnisse per whatsapp/sms deur na die Kerkkantoor. Vir verdere navrae, sien Kontak Ons