NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Omgeebediening

Dit is die bediening wat die omgeegroepe ondersteun en organiseer.

Omgeegroepe is in hierdie gemeente die primêre "voertuig" van bediening en versorging!

Navrae

Tien jaar

Tien jaar: 'n omgeegroep getuienis

Ons omgeegroep betaan al ongeveer tien jaar en dit het absoluut 'n integrale en lewensnoodsaaklike deel van ons lewe geword. Dit is fantasties om so ’n intieme kring van geloofsgenote as jou vriende te kan hê. Ons het saam met mekaar ervaar hoe ons in geloof nader aan Jesus en mekaar groei. Ons deel so alles in die lewe met mekaar en almal is daar vir mekaar in tye van krisisse en nood. Saam bid ons vir mekaar en saam ervaar ons keer op keer die vreugde van gebedsverhoring in werkskrisisse, verhoudingsprobleme, traumatiese gebeure en ons alledaagse behoeftes. Dis so lekker om saam as 'n selgroep in die gemeente se aktiwiteite deel te neem waar ons almal mekeer heelhartig ondersteun. Ons kuier saam, lag saam, huil saam en is elke dag daar vir mekaar om te help, bemoedig, ondersteun of om maar net daar te wees. Ons weeklikse byeenkomste is vir ons ’n hoogtepunt en dis wonderlik om te ervaar hoe almal as een familie deelneem. Selgroepe is 'n MOET vir geestelike groei en om jou volle potensiaal in Christus te bereik. Dankie aan al my selgroeplede dat julle my en my gesin so wonderlik ondersteun en help slyp tot geestelike volwassenheid. Ons is lief vir julle.

Gert Kok