NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Moot Care pak weer kos!

Moot Care Voedselprojek

Moot Care SentrumOp Saterdag, 12 Mei 2012 word daar weer kospakkies gepak vir Moot Care se voedselprojek.

Ons gaan 10:00 in Mootvallei se kerksaal (die ou Eloffsdal-Wes gemeente, net agter die Mayville Laerskool in Louis Trichardt straat) bymekaar kom om die kospakkies te pak.

Ons nooi almal uit om te kom help - hoe meer hande daar is, hoe gouer is ons klaar.

Vir enige navrae kontak asseblief vir Leonie by 076 136 9655 of 012 332 2794.

Kom ons maak dit 'n lekker spanpoging. Die nuwe koepons gaan ook beskikbaar wees om te koop teen R20 per koepon.

 

 

Huis Quanessa se behoeftes

Maandelikse Behoeftes

  • Kinders
    • Seep, room, sjampoo, tandepaste en nommers 4 en 5 kinderdoeke.
  • Tehuis
    • Kruideniersware soos mieliemeel, maltabela, oats, koekmeel, rooibostee, koffie, suiker, rys, mielierys, stampmielies, ens.
    • Blikkies kos soos mielies, bully bief, konfyt, grondboontjiebotter, sous boontjies, ens.
    • Vleis soos maalvleis, hoender, wors, kouevleis en vis.
    • Aanmaak koeldrank, melk, groente en vrugte.
    • Skoonmaakmiddels soos handy andy, skottelgoedseep, jik, dettol, seeppoeier, stasoft, meubel politoer, spirits, swart sakke en toiletpapier.

Algemene Benodighede

  • Elektriese toerusting: ketel, versapper, groot toaster, mikrogolfoond en stofsuier. (Omdat die tehuis gewone huishoudelike toestelle aankoop weens die hoĆ« koste van industriĆ«le toerusting, hou dit nie lank nie.)
  • Eettafels en stoele.
  • Skinkborde (30)
  • Matrasse en kussings.
  • Laaikassies vir klere vir kinders.
  • Tuinbenodighede: grassnyer, weed-eater, tuinslag, sproeiers.
  • Hulp met die maak van gordyne. 

Opgradering en Herstelwerk

  • Seuns se badkamer: nuwe bad, toiletsitplekke, vloer en verf.
  • Seuns-eenheid se vloer herstel en vervang.
  • Betonmure herstel asook lemmetjiesdraad, oorweeg eletriese heining.
  • Sekuriteit: beligting, beams.
  • Tehuis se mure herstel en verf.
  • Kombuis: afronding van kombuiskaste en vloer (nooit gedoen).
  • Van die matte in die tehuis is in 'n swak toestand en moet vervang word met 'n geskikte vloerbedekking.
  • Turfskade herstel (plafonne, kosyne en gordynkappe).
  • Personeelkwartiere herstel.
  • Houtdek moet afgeskuur en behandel word.

 

Moot Care voedselskema

Moot Care Sentrum

Moot Care voedselskema bekendstelling

Moot Care se nuwe voedselskema bekendstelling vind plaas op Saterdag, 10 Maart 2012, om 10:00 in die kerksaal van NG Kerk Rietfontein-Suid.

  • Kom kyk en luister hoe die voedselskema in die toekoms gaan werk.
  • 'n Koeponstelsel word ook geloods.
  • Mense word benodig om te kom help met die pak van kospakkies.

'n Goeie uitdaging vir selgroepe, barmhartigheid of enige vrywilligers.

Navrae:

Louwna Bouwer by Moot Care Sentrum 012 330 0632 of 071 480 1178 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..