Die Bybel is 'n besonderse boek wat oor 'n tydperk van minstens 1200 jaar geskryf is deur 'n verskeidenheid skrywers, van skaapwagters tot konings.
Dit sluit in profete soos Moses, Daniƫl en Jesaja en geleerde mense soos Esra, konings soos Dawid en Salomo, en apostels van Jesus Christus soos Petrus en Paulus.
Omdat daar so baie uiteenlopende skrywers was wat met die oog op heel verskillende situasies geskryf het, "hoor" die Bybelleser die Woord van God uit verskillende perspektiewe.
Die wonder van die Bybel is egter dat die verskillende boeke steeds dieselfde boodskap en begrip van wie God is, bevat!
Die Bybel is werklik 'n ongelooflike boek want dit spreek mense van alle ouderdomme en nasionaliteite deur alle eeue aan!
Bron: Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika