NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Christen vervolging in Noord-Korea

Die top 10 lande

Hierdie is 'n lys van die top 10 lande in die wêreld waar Christene vandag, in 2011 vervolg word.

Januarie 2011

  1. Noord-Korea
  2. Iran
  3. Afghanistan
  4. Saoedi-Arabië
  5. Somalië
  6. Maldives
  7. Yemen
  8. Irak
  9. Uzbekistan
  10. Laos

Noord-Korea

Nêrens in die wêreld is Christenvervolging so intens soos hier nie. Christene moet hul geloof só wegsteek dat Christenouers nie eers hul geloofsoortuigings met hul kinders kan deel totdat die kinders oud genoeg is om die gevare daarvan te verstaan nie.

Die besit van 'n Bybel kan jou dood veroorsaak. Honderde Christene is gedurende 2010 gevange geneem; sommige is na arbeiderskampe soos die berugte Yodok gestuur of selfs doodgemaak. Sommige word ook in die publiek tereggestel.

Gebedspunte

Bid vir die ouers wat graag hul kinders van Jesus wil leer. In 2010 is Kim Jong-un tot 2de in bevel verhef. Bid dat die situasie vir Christene ten goede sal verander wanneer hy die land se nuwe leier word.

 

Inligting met toestemming verkry van Geopende Deure soos op 12 Maart 2011.