Nikolai Levin, van die Akmola-streek in Kazakstan, is nog ʼn boete opgelê omdat hy weier om ʼn vorige boete te betaal vir die leiding van sy gemeente, het Forum 18 geleer. Hy is reeds, saam met baie van sy mede-Baptiste, op ʼn swartlys geplaas wat verhoed dat hy buite die land mag reis, en daar is ʼn interdik teen die huis waar sy kerk byeenkom.
Twee Protestante uit Atyrau is ook vervolg omdat hulle “die proses vir godsdienstige byeenkomte oortree het,” nadat hulle saam met ander lidmate tee gedrink het na ʼn Sondagdiens.
Onder Kazakstan se beperkende Geloofswet van 2011, mag burgers en buitelanders woonagtig in Kazakstan nie hul geloof met ander deel sonder toestemming van die staat af nie. Diegene wat hierdie wet oortree kan beboet word vir onwettige “sendingwerk” – en as hulle is buitelanders, kan hulle ook gedeporteer word.
Bid vir die Christene in Kazakstan. Die bogenoemde voorvalle dui op ʼn verslegtende situasie vir hulle.
Bron: Geopende Deure
Mauritanië, is een van die vier amptelike "Islamitiese Republieke" in die wêreld en Mauritaniese Christene moet in die geheim byeenkom.
Leier: President Mohamed Ould Abdel Aziz
Bevolking: 3,786,000
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Militêre Junta
Bron van Vervolging: Islamitiese Ekstremisme
Die grondwet erken Islam as die enigste geloof van dié land se, na skatting 3,5 miljoen, populasie. Sjaria (Islamitiese wet) is verklaar as die enigste amptelike bron van wetgewing.
Streng beperkings deur die regering maak dit baie moeilik vir Christen-sendings om hier te funksioneer.
Druk op Gelowiges vanuit 'n Moslemagtergrond vanaf hul families, stamlede en plaaslike Moslems is baie hoog.
Dit bly totaal onmoontlik vir Mauritaniese Christene om hul kerke te registreer, dus moet hulle in die geheim byeenkom.
Gebedspunte:
Bron: Geopende Deure
Die konflik tussen Palestina en Israel veroorsaak toenemende beperkings op die Kerk in die Palestynse Gebiede.
Leier: President Mahmoud Abbas
Bevolking: 4,520,000
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Tussentydse Administrasie
Bron van Vervolging: Islamitiese Ekstremisme
Die druk op gelowiges in Gasa is merkbaar meer as op gelowiges in die Wesoewer, want die owerhede word al hoe meer beïnvloed deur Islamitiese ekstremiste.
Christene in Gasa ervaar onderdrukking van radikale Moslemgroepe en die owerhede slaag nie daarin om die regte van individuele Christene te handhaaf en te beskerm nie.
In die Wesoewer is die situasie anders: die heersende Fatah-party is gegrond op sekulêre beginsels. Afgesien hiervan, groei Christene se vrees egter weens die toenemende spanning tussen Israel en Iran, en die Kerk ly onder die beperkings wat 'n direkte resultaat is van die konflik tussen Palestina en Israel.
Gebedspunte:
Bron: Geopende Deure