Ek is dankbaar vir vriende en gemeenskap met mede lidmate, en selgroep lede. Ek is dankbaar vir gebed en verhoudings met sellede en vriende wat verdiep het. Ek dank God onse Vader vir Romeine 12 en die voorbeeld wat Jesus vir ons is!!
---
Ek is dankbaar dat ek weer, na 'n paar jaar, by my "ou" kleingroep kon inskakel. Alle eer aan God wat geleendhede skep om weer vriende te vind! Dankie vir die r12 reeks wat "commitment" gevra het, die werking van die Heilige Gees wat 'n verlange na Hom en dors na Sy Woord skep en mens beloon met mede boeties en sussies.
As ek terug kyk het hierdie reeks my verhoudinge met my medemens verdiep en my elke dag bewus gemaak van ander mense en hulle behoeftes; dat ek moet stop; stil word en rondom my kyk, veral kyk met JESUS oë.
---
Ons 1ste keer by die omgeegroep was deels vreemd maar ook opwindend! Met ope arms en harte vol liefde is ons ontvang en skielik het die r12 baie sin gemaak. God is liefde, getuig ons harte. Krisisse wat opgeduik het, het gedreig om ons weg te dryf maar elke keer was Sy genade te groot en kon ons bewus word van Sy alom teenwoordigheid!
Ek wil graag met my mede selgroep maats, oues en nuwes ‘n pad stap, en ons het ook besluit om nie te stop nie; maar om definitief gereeld bymekaar te kom.
Ons wil betrokke bly by 'n persoon wat ons kan help, en nie op hou daarmee nie; maar aangaan!
Om mekaar te bly ondersteun en te bid vir mekaar!!
Om te poog om elke dag 'n Romeine 12 Christen te wees en ware spiritualiteit volgens Jesus uit te leef!