'n Vaardige houtkapper gebruik sy gereedskap met oorleg - hy kap herhaaldelik op presies dieselfde plek totdat die boom omval. Die houtkapper is trots daarop dat hy homself en sy wapen kan beheer, hy kap nooit 'n roekelose hou nie. Net so gebruik 'n verbale misbruiker sy tong soos 'n wapen om aan 'n ander persoon te kap. Die misbruiker is vaardig in sy vermoƫ om houe toe te dien met sy vlymskerp tong - woorde wat deur hart en siel sny (Psalms 52: 4).
Bid tot die Here om mense se ore oop te maak sodat hulle kan hoor met watter gesindheid en op watter manier hulle met ander mense praat; hoe hulle ander vonnis vir wat hulle verkeerd doen sonder 'n woord van hulle slagoffers. Vra die Heilige Gees om almal wat ander verbaal mishandel, se harte terug te draai na hulle hemelse Vader sodat hulle hulle eie lewens met Hom en ook met hulle slagoffers kan regmaak.