NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Die 10de maand dankoffer

Gemeentelede se dankoffers vorm die basis van die Gemeente se inkomste. Die groter doelgerigtheid om ons roeping as Kerk uit te leef, hou groter finansiƫle verpligtinge in. Daarby ondervind the Gemeente die probleem van steeds stygende kostes soos salarisse, munisipale heffings, onderhoud aan eiendom en administrasie soos telefoonkoste, drukwerk en skryfbehoeftes.

'n Vriendelike, dog dringende, versoek word dus aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de Maand Dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe 'n bydrae gelewer het om die Gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

10de Maand Dankofferkoeverte is te kry by die MI Toonbank of by u Dienswerker.