NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Gebedsfokus op die vervolgde kerk

Vervolging van Christene

Die Internasionale Dag van Gebed vir die Vervolgde Kerk (IDOP) val elke jaar op die 2de Sondag in November. Op dié dag word wêreldwyd gebid vir vervolgde Christene en hul vervolgers. Meer as 200 miljoen Christene in minstens 60 lande word fundamentele menseregte ontsê, bloot op grond van hulle geloof (aldus die World Evangelical Alliance).

Meeste vervolging vandag vind plaas in gebiede met beperkte of geen toegang tot moderne kommunikasie. Die meeste martelare ly en sterf anoniem, vegete, hul wrede dood onopgeteken en ongemerk, behalwe in die hemel. Vir baie is vervolging so 'n deel van hulle lewens dat hul nie eers daaraan dink om dit vir die wêreld te vertel nie.

Maak 'n punt daarvan om gereeld in jou gemeente, Bybelstudiegroep of gebedsgroep by die werk vir enkelinge en groepe in die vervolgde kerk te bid.