Luister is 'n periode waarin jy opdragte van God ontvang, waar jy Hom vra om vir jou dinge te wys wat Hy wil hê dat jy sal raaksien en aan aandag moet gee.
Dit is om na die innerlike stem van die Heilige Gees te luister.
Waar jy vra: Wat is daar wat U wil hê ek moet doen? Wat is U wil vir vandag?
Om leiding uit die Woord te soek.
Om God doelbewus te vra om Sy wil en strategieë of planne aan jou bekend te maak.
In wag op die Here gaan dit om God lief te hë. Tydens oordenking wil ons meer van God leer. In die periode van luister wil ons hoor wat God vir ons wil sê. In hierdie periode vra ek: "Here, wat verwag U van my, wat is U wil vir my?"
Jy kan ook vir die Here spesifieke vrae vra, miskien moeilike vrae waarop jy nie antwoorde het nie. Wees sensitief vir die Heilige Gees.
Wees versigtig om sommer vinnig te sê: "Die Here het dit en dat vir my gesê."
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.