NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Die uur wat die wêreld verander - lofprysing

Die Uur wat die Wêreld verander

Lofprysing

Lofprysing is om God groot te maak, te verheerlik, aan Hom te sê dat jy weet tot Wie jy gebid het en dat jy Hom vertrou met jou gebede.

Matthéüs 6: 13 - "Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen."

Maak jou amen aan die einde sterk en bevestig daarmee dat jy glo dat God jou gehoor het en sal verhoor. Amen beteken: dit is waar en seker, dit sal so wees.

Dit is 'n finale geestelike daad om God op die troon van jou lewe te plaas.

Dit is waar jy bely: Aan U behoort die koninkryk en die mag en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

 

Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.