Mauritanië, is een van die vier amptelike "Islamitiese Republieke" in die wêreld en Mauritaniese Christene moet in die geheim byeenkom.
Leier: President Mohamed Ould Abdel Aziz
Bevolking: 3,786,000
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Militêre Junta
Bron van Vervolging: Islamitiese Ekstremisme
Die grondwet erken Islam as die enigste geloof van dié land se, na skatting 3,5 miljoen, populasie. Sjaria (Islamitiese wet) is verklaar as die enigste amptelike bron van wetgewing.
Streng beperkings deur die regering maak dit baie moeilik vir Christen-sendings om hier te funksioneer.
Druk op Gelowiges vanuit 'n Moslemagtergrond vanaf hul families, stamlede en plaaslike Moslems is baie hoog.
Dit bly totaal onmoontlik vir Mauritaniese Christene om hul kerke te registreer, dus moet hulle in die geheim byeenkom.
Gebedspunte:
Bron: Geopende Deure
Datum: 8 Oktober 2014
Tyd: 10:00 (deure open 9:30)
Plek: NG Kerk Rietfontein-Suid
Louis-John sing kommersieel-klassieke musiek. Sy albums word tydens die vertoning teen R100 elk te koop aangebied.
Gratis toegang maar donasies is baie welkom.
Navrae: Sophie von Brandis 083 954 4557
Die konflik tussen Palestina en Israel veroorsaak toenemende beperkings op die Kerk in die Palestynse Gebiede.
Leier: President Mahmoud Abbas
Bevolking: 4,520,000
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Tussentydse Administrasie
Bron van Vervolging: Islamitiese Ekstremisme
Die druk op gelowiges in Gasa is merkbaar meer as op gelowiges in die Wesoewer, want die owerhede word al hoe meer beïnvloed deur Islamitiese ekstremiste.
Christene in Gasa ervaar onderdrukking van radikale Moslemgroepe en die owerhede slaag nie daarin om die regte van individuele Christene te handhaaf en te beskerm nie.
In die Wesoewer is die situasie anders: die heersende Fatah-party is gegrond op sekulêre beginsels. Afgesien hiervan, groei Christene se vrees egter weens die toenemende spanning tussen Israel en Iran, en die Kerk ly onder die beperkings wat 'n direkte resultaat is van die konflik tussen Palestina en Israel.
Gebedspunte:
Bron: Geopende Deure
Datum: 13 September 2014
Tyd: 7:00 tot 14:00
Plek: Adelaars Sportterrein, 18de Laan en Meyerstraat, Wonderboom-Suid
Mini-Krieket
Wit-Olifante
Eetgoed en Drinkgoed
Privaat Stalletjies