Die eerste volledige bybelboek in Afrikaans was die Evangelie volgens Markus soos deur C.P. Hoogenhout vertaal.
Hierdie vertaling is nooit gepubliseer nie, maar die manuskrip is in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika in Kaapstad beskikbaar.
Die eerste Afrikaanse vertaling (bekend as die "ou" vertaling) van die Bybel het in 1933 verskyn.
Die vertaalwerk is deur prof. J.D. du Toit (Totius), prof. E.E. van Rooyen, prof. J.D. Kestell, dr. S.P.E Boshoff, dr. H.C.M. Fourie en prof B.B. Keet behartig (sien foto).
'n Hersiene uitgawe daarvan het in 1953 verskyn sodat die "ou vertaling" ook bekendstaan as die 1933/53-vertaling.
Die nuwe vertaling van die Bybel het in 1983 verskyn en word deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gepubliseer.
Die eindredaksie van hierdie vertaling was prof. E.P. Groenewald, J.P. Oberholzer, A.H. Van Zyl, P. A. Verhoef, J.L. Helberg en W. Kempen.
Die eerste Afrikaanse Bybel vir Dowes is in 2008 deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gepubliseer.
Bron: Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Vanjaar gaan die gelde, wat u op 28 Augustus ingee vir Bybels, deur Sending Sonder Grense versprei word.
Gebruik asseblief die koevertjie wat tot u beskikking gestel word, of u eie koevert gemerk "SSG Bybels".
Baie arm Oos-Europeërs sukkel om selfs die basiese behoeftes soos kos en klere te koop.
Hulle moet dikwels kies tussen die verhitting van hul wonings of om iets te ete te hê, en dit is dus geen verrassing dat hulle nie boeke kan bekostig nie; insluitend die Bybel.
Die Sending Sonder Grense "Bybel Projek" verskaf 'n eie Bybel aan duisende mense wat desperaat is vir die Woord van God.
SSG versprei Bybels deur kerke en gemeenskapsentrums om sodoende selfs die mees afgeleë dele van die lande waar ons werk (bv. Oekraïne en Moldawië), te bereik.
Dankie vir u finansiële hulp!
Sondag, 8 Mei
9:00: Sy hart vir Sy verkorenes (kerk) in die Moot; Nagmaal; Pinksteroffer; Moedersdag - Ds. Leon van Heerden
18:00: Christelike fliekaand in kerk
Maandag, 9 Mei
18:30: Sy hart vir verdwaaldes in die Moot – Ds. Leon Tait
Dinsdag, 10 Mei
18:30: Sy hart vir veragtes in die Moot – Ds. Leon van Heerden
Woensdag, 11 Mei
18:30: Sy hart vir verlorenes in Moot – Ds. Leon Tait
Donderdag, 12 Mei
18:30: Sy hart vir diegene in die Moot wat vasgevang voel – Ds. Leon van Heerden
Sondag, 15 Mei
9:00: Die Vaderhart van God - diens gelei deur sanger Vaughan Louw
18:00: Christelike fliekaand in kerk
Oggend Pinksterdienste vir Senior Lidmate
Maandag tot Vrydag
10:00: Proponent Petro Jonker (ons sing Halleluja liedere voor die diens)
Lekker tee/koffie na die diens in die konsistorie.
Christelike Flieks
Beste kollegas,
Die NG Kerk het die afgelope tyd, as lid van die Suid Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) en ander kerklike vennote, saam getuienis gelewer rondom die politieke uitdagings in die land.
Die NG Kerk word gesien as 'n belangrike rolspeler in die publieke teologiese gesprek deur die groter kerkfamilies.
Verklarings wat reeds deur die SARK gemaak is, is deur die NG Kerk ondersteun en na gemeentes versprei en word ter insae weer aangeheg. Klik hier vir die amptelike verklaring.
Die NG Kerk ondersteun dan ook die SARK in sy versoek dat die president moet afstand doen van sy pos.
Deelname aan die prosesse, kom vir die NG Kerk nie gemaklik en sonder huiwering nie. Die NG Kerk vind nog sy voete en is nog nie heeltemal tuis in hierdie rol nie.
Vir die NG Kerk is dit ietwat 'n nuwe terrein. Dat ons moet betrokke wees is 'n uitgemaakte saak.
Die kerk is 'n gemeenskap van mense wat glo dat die wêreld in al sy fasette onderweg is na 'n eindtyd, dat die wêreld in 'n proses van herskepping is.
Waar daar dinge in die politieke lewe verkeerd loop, dit wil sê nie in ooreenstemming met die eise van die nuwe wêreld en die wet van die nuwe wêreld nie, is die kerk verplig om iets daaraan te doen.
Die NG Kerk, as gevolg van die politieke rol wat hy in die verlede gespeel het, vra huiwerend haarself egter gedurig die vraag af of sy nie te gekontamineer is om ‘n rol te speel nie.
Om hierdie rede wil die moderatuur kollegas en lidmate verseker dat deelname aan hierdie gesprekke en verklarings met groot omsigtigheid gedoen word.
Die moderatuur het met mekaar ooreengekom dat daar met integriteit deelgeneem sal word in 'n styl wat die evangelie eer aan doen.
Dit moet geskied binne die raamwerk van die evangelie waarin ons glo en die tradisie waarin ons staan.
Een van die kosbaarste erfenisse van die Calvinisme is juis die tradisie van 'n Christelike lewens-en wêreldbeskouing. Dit wil sê 'n beskouing waarin daar nie 'n genadewêreld langs die natuurlike wêreld staan nie.
Vir Calvyn bestaan daar nie twee aparte ryke, een vir Ceaser en een vir God nie. In die opsig het Calvyn die evangelie in sy kern raakgesien: 'n wêreld wat deursuur word met die evangelie om langs dié weg na sy bestemming van hernuwing gelei en gestuur te word.
Die NG Kerk is altyd 'n reformerende kerk, so bely ons tradisie. Dié belydenis moet nie eensydig verstaan asof dit net oor 'n reformasie in dogma gaan nie, dit gaan ook oor die leefwêreld die ortopraksie van elke dag.
Die kerk moet waak dat die historiese anomalië, soos dat die kerk net welsynswerk mag doen, maar nie politieke werk nie, en dualismes, kerk en wêreld, op die ou end vir ons 'n alibi word om dadeloos te word nie.
Om reformerende kerk te wees, beteken om altyd besig te wees om die wêreld te hervorm. Dit het natuurlik allerhande uitdagings en angels maar dit moet nooit die kerk van sy profetiese stem roof nie.
Ook die feit dat ons nie 'n goeie rekord het ten opsigte van deelname in die politiek kan nie ons stem stom laat nie, Die NG Kerk se ekumeniese vennote herinner ons gedurig aan die belangrikheid van ons bydrae. Ekumeniese vennote het ook 'n verwagting dat die NG Kerk 'n belangrike rol sal speel. Dit gaan immers vir die kerk oor landspolitiek en nie partypolitiek nie.
In kort, die NG Kerk neem deel want sy kan die samelewing nie prysgee nie. Die kerk behoort sekerlik deel te wees van die openbare gesprek, die openbare debat, die oplos van openbare konflikte, die vorming van 'n openbare mening, die voortgaande besinning oor gemeenskaplike waardes waarop gebou moet word, die gemeenskaplike doelwitte wat nagejaag moet word, die soort lewe wat Suid Afrikaners saam met mekaar wil leef.
Eerskomende Sondag, 17 April sal daar deelgeneem word aan die program Robinson om 19:30 op kykNET wat die kerk se rol rondom protes sal hanteer. Lidmate word genooi om die program te volg.
Die moderatuur wil 'n beroep doen op lidmate om in hierdie tyd ernstig voorbidding te doen vir die situasie in die land.
Bid asb dat die kerk met wysheid en integriteit sal optree sodat die Koninkryk ook deur al hierdie pogings kan kom.
Lidmate en kollegas word gevra om saam te dink en te praat wat ons elkeen en die kerk te doen staan in ‘n tyd van groot uitdagings.
Klik hier vir die amptelike verklaring
Saam in Sy diens
Gustav Claassen