Woorde maak baie dieper seer as fisiese mishandeling
Wanneer fisiese mishandeling stop, bly die pyn en vernedering deur woorde steeds daar. Die volgende frases gebruik jy dalk self gereeld, of jy hoor ander mense dit gebruik.
- Jy sal nooit verander nie,
- Jy is altyd teen my,
- Ek weet jy sal my verstoot - dis net 'n kwessie van tyd,
- Jy kan nooit vertrou word nie,
- Jy is 'n mislukking,
- Jy is hopeloos,
- Dit is geheel en al jou skuld as hierdie verhouding misluk.
Maak tyd om hieroor na te dink en vra dat God jou sal help om heeltemal eerlik voor Hom te wees. Bely die dinge waaraan jy skuldig is. Vra die Here om jou te help om ander te vergewe wat hierdie woorde teenoor jou gebruik het.
- Besonderhede
Dit was Jesus se opdrag dat kleingroepe gestig word. (Johannes 13: 34 - 35)
Jesus se voorbeeld en hoe Hy die dissipels onderrig het, het die kleingroepe uitgebeeld. (Lukas 6: 40)
Die praktyk van die vroeë kerkbyeenkomste van huis tot huis bevestig dat kleingroepe noodsaaklik is vir die ontwikkeling van 'n gesonde, groeiende kerk.
Dit is bewys in ander kulture dat kleingroepe noodsaaklik is vir dissipelskap.
Kleingroepe is 'n magneet vir mense waar mense se behoeftes meer doeltreffend na omgesien kan word.
- Besonderhede
Lofprysing en Aanbidding
Lofprysing en aanbidding is 'n daad van bewondering, van en toewyding aan God.
- Aanbid God vir wie Hy is: die een wat jou geskep het - vir sy onfeilbare Woord - vir jou verlossing - dat jy in sy plan ingesluit is.
- Dit is om God te verhoog en te vereer.
- Dit is om God te erken vir wie Hy is, om Hom met ons woorde, ons hele wese en ons gebedshouding groot te maak.
- Loof Hom vir sy Naam, sy geregtigheid, liefde, heiligheid, almag, grootheid, trou, alomteenwoordigheid, sy Woord, sy skepping, sy verlossingsdade, ens.
Jy kan bv. elke keer 'n ander tema kies om in hierdie tyd van lofprysing en aanbidding te gebruik. Brei soveel moontlik op hierdie tema uit, oordink dit, oorweeg wat die praktiese implikasies daarvan vir jou en ander se lewens is.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
- Besonderhede