8 Januarie 1954
Die Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Gemeente Gezina stig af van NG Gemeente Eloffsdal en kom tot stand met ongeveer 500 lidmate.
Die nuwe gemeente ontvang die pastorie in 15de Laan.
Kerkdienste word in Laerskool Eben Swemmer se skoolsaal gehou.
26 Januarie 1954
Prop. W.J.M. (Willem) Lötz word as die eerste leraar van die gemeente beroep.
![]() |
![]() |
Ds W.J.M. (Willem) Lötz (1954 - 1957) | Mnr. P. van Twisk (Bouer) |
Augustus 1954
Die erwe langs die 15de Laan pastorie is nie geskik vir bouwerk nie, en 'n stuk grond van "2 morge 230 vk roede" word aangekoop op die hoek van Ben Swartstraat en 16de Laan.
5 Mei 1955
Die Kerkraad besluit om 'n kerksaal te bou wat kan dien as kerk.
Die tender vir die bouwerk word aan P. van Twisk en Seun (EDMS) Bpk. toegeken.
November 1955
Na onderhandelings met NG Gemeente Villieria word die oostelike grens geskuif van 18de Laan na 20ste Laan, tussen Beyerstraat en die treinspoor.
31 Maart 1956
Die kerksaal se hoeksteen word gelȇ.
16 Mei 1956
Die kerksaal word ingebruik geneem vir eredienste.
16 - 17 Junie 1956
Die kerksaal word ingewy.
23 Februarie 1959
'n Besluit word geneem om jaarliks aan die begin van Junie 'n spesiale Dankofferinsameling te hou.
Ons huidige Dankoffermaand is 'n voortsetting daarvan.